WAAROM KOLLAGEEN?

Kollageen Informasie

Wat is Kollageen?

Kollageen is ‘n proteïen en bestaan uit aminosure wat ‘n trippel helieks weefsel struktuur vorm. Kollaageen is die belangrikste bestanddeel van veselagtige bindweefsel in die bene, vel en kraakbeen.

Kollageen is belangrik in die liggaam, dit verseker die samehorigheid, elastisiteit en herlewing van die vel, kraakbeen en been. Daar is verskillende tipes van kollageen wat in spesifieke plekke in die liggaam voorkom.

Gemiddeld 30% van die proteïen in die liggaam is kollageen, vanaf die ouderdom van 25 verminder jou liggaam se kollageen teen ‘n tempo van 5% per jaar. Dit is deel van die liggaam se natuurlike verouderings proses.

Teen die ouderdom van 40 kan jy al reeds tussen 40% en 50% van die kollageen in jou liggaam verloor het.

HOEKOM IS KOLLAGEEN SO BELANGRIK?

Kollageen is uiters belangrik vir die verhoging van digtheid en kraakbeen herstel.

80% van jou vel, as droë massa, bestaan uit kollageen. Kollageen gee die struktuur aan jou vel, dit verhoog elastisiteit en vogtigheid aan die vel. Kollageen werk saam met ander proteïene en elemente om die vel struktuur te gee.

Kollageen verskaf ook belangrike funksies vir jou spiere. Kollageenvesel voorsien jou spiere met die sterkte en struktuur nodig om te beweeg. Kollageenvesel voorsien nie net jou skeletspiervesel, maar hulle maak ook jou gladde spiere (soos dié in die blaas en voortplantingstelsel) en jou hart (hart) spiere uit.

Kollageen vervul ook ’n belangrike funksie in jou bloedvate. Kollageen kom voor in die die wande van die are, slagare en kapillêre are van die liggaam. Dit versterk die are en gee dit , struktuur en buigsaamheid wat nodig is om bloed effektief deur jou hele liggaam te vervoer.

WANNEER BEGIN JOU KOLLAGEEN VLAKKE AFNEEM?

Jou kollageen vlakke begin al teen die ouderdom van 25 afneem.

Die grootste daling in jou kollageen vlakke is tydens MENOPAUSE, ’n vrou kan tydens menopause tot 50% van haar kollageen binne 12 maande verloor.

TEEN WATTER TEMPO NEEM MY KOLLAGEEN VLAKKE AF?

’n Gemiddelde persoon verloor na beraming tot 5% van sy of haar kollageen per jaar.

Die afname begin eers geleidelik en daal dan skerp tydens menopause waarna dit weer stadiger afneem.

WAT IS DIE TEKENS VAN KOLLAGEEN VERLIES?
  • Fyn lyntjies vorm hoofsaaklik in die gesig;
  • Diep plooie begin te vorm;
  • Later begin die vel baie dun vertoon;
  • Vel verloor elastisiteit;
  • Vel behou nie meer vogtigheid nie;
  • Afname in beendigtheid;
  • Been gesondheid neem af;
  • Seer gewrigte en litte;
  • Kraakbeen probleme.

Die bogenoemde en ander tekens word nie alleenlik deur lae kollageen vlakke veroorsaak nie maar is deel van veroudering wat ’n kombinasie is van die verlies van voedingstowwe soos minerale en vitamiene.

’n Goeie dieet en regte oefening sal die verlies van kalsium en kollageen vertraag.

KOLLAGEEN

Kollageen Struktuur
Kollageen Struktuur

Hierdie unieke Proteïen of eerder, die verlies aan hierdie proteïen lewer ‘n groot bydrae by tot hierdie ongewenste toestande.

Met geboorte produseer die liggaam onder andere groot hoeveelhede kollageen, veral kollageen TIPE 1 wat 90% van die kollageen in jou liggaam uitmaak.

Kollageen is ‘n proteïen wat uniek is in die samestelling van die aminosuur profiel waaruit dit bestaan. Kollageen TIPE1 bevat 18 aminosure waarvan 6 aminosure essensiële aminosure is wat NIE SELF DEUR DIE LIGGAAM VERVAARDIG KAN WORD NIE.

Van die ouderdom van 30 neem jou kollageen produksie met +/- 1,5% per jaar af. Op ouderdom 40 het jy al moontlik 50% van jou kollageen VERLOOR en daarom wys veroudering na ouderdom 40 reeds op die vel.

Deur VROEGTYDIG met kollageen TIPE 1 aan te vul kan die verouderingsproses vertraag nie net in die vel nie maar ook in ander dele van die liggaam.

KOLLAGEEN FEITE

Naas water is KOLLAGEEN die mees volopste stof in die menslike liggaam

KOLLAGEEN is ‘n PROTEÏEN

20% van die liggaam se totale gewig bestaan uit PROTEÏENE

30% van die PROTEÏENE in die liggaam bestaan uit KOLLAGEEN

75% van KOLLAGEEN kom in die mens se VEL voor.

75% van die vel bestaan uit KOLLAGEEN Tipe 1.

30% van die beenmassa in die liggaam bestaan uit KOLLAGEEN Tipe 1.

WAAR IN DIE LIGGAAM KOM KOLLAGEEN VOOR?

Tipiese Verspreiding van Kollageen in die liggam

(Gemeet op droe massa)

  • 75% van die vel bestaan uit kollageen Tipe I
  • 90% van organiese been bestaan uit kollageen Tipe I
  • 85% van bindweefsel
  • 70% van kraakbeen (Type I Fibro-cartilage en Type II elastic en hyaline cartilage)
  • 70% van ligmente

Product Suggestion:

SONTAL Collagen Powder Shop

Peptan Collagen Peptide Resources