Trekking reëls vir Sontal

SONTAL Klub

ALGEMENE INLIGTING

SONTAL Trekking slegs vir geregistreerde klublede

Deelname en voordele is beperk tot GEREGISTREERDE SONTAL KLUBLEDE.

AANWYSINGS OM AS SONTAL KLUBLID AAN TE SLUIT

  1. Registreer op webtuiste as lid.
    1. Gaan na sontal.co.za
    2. Regs bo-op webtuiste klik op “Login”
    3. Volg die registrasie aanwysings.
    4. Voltooi al die nodige inligting en druk “Register”
    5. Jy is nou ’n geregistreerde lid van SONTAL KLUB.

 

SONTAL Lojaliteits trekking

REËLS

Om in aanmerking te kom vir die maandelikse trekking.

Trekkings: M1, M2, M3, M4, M5, M7, M8, M9, M10, M11

 

  1. Jy moet op die webtuiste geregistreer wees.
  2. Jy moet ten minste een aankoop van meer as R 300 maak in die maand van die trekking.
  3. Die aankoop moet op die webtuiste gedoen word of by die SONTAL hoofkantoor.
  4. Elke R 100 wat jy op die webtuiste spandeer gee jou 1 kans om te wen. Dit beteken as jy vir die minimum van R 300 koop het jy 3 kanse om te wen, as jy vir R 500 koop het jy 5 kanse in die trekking. Die totaal van al jou aankope gedurende die maand van die trekking sal in ag geneem word.

Om in aanmerking te kom vir die 6 maandelikse trekking.

6M Trekking op Maart 2017

  1. Al die voorwaardes 1. tot 4. Hierbo onder “Om in aanmerking te kom vir die maandelikse trekking.” geld ook vir die 6 maandelikse trekking met verdere voorwaardes:
  2. Om vir die trekking in aanmerking te kom, moes jy vir tenminste 4 van die 5 voorafgaande maande ’n kwalifiserende aankoop van R 300 of meer op die webtuiste gemaak het met insluiting van die maand waarin die 6 maandelikse trekking plaasvind.
  3. Al die aankope wat jy in die voorafgaande kwalifiserende maande gedoen het tel nou weer vir die trekking indien jy aan die voorwaardes soos in punte 1 tot 6 voldoen.
  4. Die aankoop van die 6 maand trekking tel ook vir die maand se trekking.
  5. Indien jy dus R 1500 oor die 6 maande bestee het en aan die bogenoemde vereistes voldoen sal jy 15 kanse in die trekking hê.

Om in aanmerking te kom vir die 12 maandelikse trekking.

12M Trekking op September 2017

  1. Al die voorwaardes 1. tot 9. hierbo onder “Om in aanmerking te kom vir die maandelikse trekking.” en “Om in aanmerking te kom vir die 6 maandelikse trekking.” geld ook vir die 12 maandelikse trekking met verdere voorwaardes:
  2. Om vir die trekking in aanmerking te kom, moes jy vir tenminste 9 van die 11 voorafgaande maande ’n kwalifiserende aankoop per maand op die webtuiste gemaak het met insluiting van die maand waarin die 6 en 12 maandelikse trekkings plaasvind.
  3. Al die aankope wat jy in die voorafgaande kwalifiserende maande gedoen het tel nou weer vir die maand indien jy aan die voorwaardes voldoen.
  4. Die aankoop van die 12de maand tel ook vir die maand se trekking.
  5. Indien jy dus ’n minimum van R 2700 oor die 11 maande bestee het en aan die bogenoemde vereistes voldoen sal jy 27 kanse in die trekking hê.

Trekking

Die trekkings vind elke maand op die laaste dag van die maand plaas.

  1. Die trekking sal gedoen word op die bepaalde dag om 23:50.
  2. Alle registrasies en aankope word deur Metrilo e-Commerce analytics gemonitor en word voor die trekking geoudit deur geoktrooieerde rekenmeesters.
  3. Die trekking word elektronies gedoen deur ’n derde party onder die toesig van geoktrooieerde rekenmeesters.
  4. Die trekking is finaal en geen korrespondensie sal na afloop van finale bekendmaking van wenner gevoer word nie.
  5. Die wenner word aangekondig op die eerste van elke maand en sal per e-pos laat weet word. Die wenner sal ook telefonies gekontak word om reëling te tref vir die lewering van die prys.
  6. Die wenner sal ook in die nuusbrief aan almal bekend gemaak word en op die webtuiste gepubliseer word.

Trekking Skedule:

Trekking –

M1 – Maand 1 – 31 Oktober 2016

M2 – Maand 2 – 30 November 2016

M3 – Maand 3 – 31 December 2016

M4 – Maand 4 – 31 January 2017

M5 – Maand 5 – 28 February 2017

M6 – Maand 6 – 31 Maart 2017

M7 – Maand 7 – 30 April 2017

M8 – Maand 8 – 31 Mei 2017

M9 – Maand 9 – 30 Junie 2017

M10 – Maand 10 – 31 Julie 2017

M11 – Maand 11 – 31 Augustus 2017

M12 – Maand 12 – 30 September 2017

 

Enige navrae moet gerig word aan info@sontal.co.za of tel 012 941 8437.

Gesondheids groete,

SONTAL Span