Osteoporose is ‘n siekte waar die digtheid en kwaliteit van die beendere in jou liggaam afneem. Dit gebeur as gevolg van verlies aan beenweefsel wat lei tot bros bene.
Beenweefsel is lewendig, die liggaam neem elemente soos kalsium uit die been om ander funksies in die liggaam te onderhou. Die funksie word OSTEOCLAST genoem en verminder dus die kalsium in die been. Die funksie wat weer kalsium in die been terugplaas word OSTEOBLAST genoem en bou weer die beenweefsel op.
Die verlies aan beendigtheid vind dus plaas wanneer “osteoclast” vinniger as “osteoblast” plaasvind.
Daar is dan ‘n verhoogde risiko van frakture in veral die heupbeen, polsgewrigte en rugwerwels.
Osteoporose en gepaardgaande frakture is ‘n groot oorsaak van mortaliteit en morbiditeit by ouer mense.
In meeste mense vorder die siekte geleidelik oor jare sonder enige waarskuwing (Stil Siekte). Osteoporose kan vêr vorder voordat dit opgemerk word.
1 uit elke 3 vroue kry osteoporose in hul leeftyd. 20% van hulle sal na n jaar van so ’n beenbreuk sterf weens komplikasies. 1 uit 4 wat die beenbreuk oorleef sal daarna permanent bedlêend wees en nog 2 sal nie sonder hulp kan loop nie. Daar beland meer vroue weens osteoporose in die hospitaal as weens siektes soos diabetes en borskanker.