1. WAT IS KOLLAGEEN?

Kollageen is ‘n proteïen en bestaan uit aminosure wat ‘n trippel helieks weefsel struktuur vorm. Kollaageen is die belangrikste bestanddeel van veselagtige bindweefsel in die bene, vel en kraakbeen.

Kollageen is belangrik in die liggaam, dit verseker die samehorigheid, elastisiteit en herlewing van die vel, kraakbeen en been. Daar is verskillende tipes van kollageen wat in spesifieke plekke in die liggaam voorkom.

Gemiddeld 30% van die proteïen in die liggaam is kollageen, vanaf die ouderdom van 25 verminder jou liggaam se kollageen teen ‘n tempo van 5% per jaar. Dit is deel van die liggaam se natuurlike verouderings proses.

Teen die ouderdom van 40 kan jy al reeds tussen 40% en 50% van die kollageen in jou liggaam verloor het.

2. HOEKOM IS KOLLAGEEN SO BELANGRIK?

Kollageen is uiters belangrik vir die verhoging van digtheid en kraakbeen herstel.

80% van jou vel, as droë massa, bestaan uit kollageen. Kollageen gee die struktuur aan jou vel, dit verhoog elastisiteit en vogtigheid aan die vel. Kollageen werk saam met ander proteïene en elemente om die vel struktuur te gee.

Kollageen verskaf ook belangrike funksies vir jou spiere. Kollageenvesel voorsien jou spiere met die sterkte en struktuur nodig om te beweeg. Kollageenvesel voorsien nie net jou skeletspiervesel, maar hulle maak ook jou gladde spiere (soos dié in die blaas en voortplantingstelsel) en jou hart (hart) spiere uit.

Kollageen vervul ook ’n belangrike funksie in jou bloedvate. Kollageen kom voor in die die wande van die are, slagare en kapillêre are van die liggaam. Dit versterk die are en gee dit , struktuur en buigsaamheid wat nodig is om bloed effektief deur jou hele liggaam te vervoer.

3. WANNEER BEGIN JOU KOLLAGEEN VLAKKE AFNEEM?

Jou kollageen vlakke begin al teen die ouderdom van 25 afneem.

Die grootste daling in jou kollageen vlakke is tydens MENOPAUSE, ’n vrou kan tydens menopause tot 50% van haar kollageen binne 12 maande verloor.

4. TEEN WATTER TEMPO NEEM MY KOLLAGEEN VLAKKE AF?

’n Gemiddelde persoon verloor na beraming tot 5% van sy of haar kollageen per jaar.

Die afname begin eers geleidelik en daal dan skerp tydens menopause waarna dit weer stadiger afneem.

5. WAT IS DIE TEKENS VAN KOLLAGEEN VERLIES?

  • Fyn lyntjies vorm hoofsaaklik in die gesig;
  • Diep plooie begin te vorm;
  • Later begin die vel baie dun vertoon;
  • Vel verloor elastisiteit;
  • Vel behou nie meer vogtigheid nie;
  • Afname in beendigtheid;
  • Been gesondheid neem af;
  • Seer gewrigte en litte;
  • Kraakbeen probleme.

Die bogenoemde en ander tekens word nie alleenlik deur lae kollageen vlakke veroorsaak nie maar is deel van veroudering wat ’n kombinasie is van die verlies van voedingstowwe soos minerale en vitamiene.

’n Goeie dieet en regte oefening sal die verlies van kalsium en kollageen vertraag.

6. KAN EK MY KOLLAGEEN VLAKKE VERHOOG?

Studie het bewys dat jy jou kollageen vlakke kan verhoog deur gehidroliseerde kollageen peptied aanvullings te neem.

BELANGRIK: Dit moet ’n hoë kwaliteit kollageen wees wat tot ’n presiese graad gehidroliseer is met ’n optimale molekulêre gewig om deur die menslike liggaam verteer en opgeneem te word.

7. WORD KOLLAGEEN IN DIE LIGGAAM OPGENEEM?

Ja, die kollageen wat SONTAL gebruik is ’n spesiale bio-aktiewe kollageen. Toetse het bepaal dat tot 90% van die kollageen peptied wat deur voeding ingeneem word deur die liggaam opgeneem word.

Nie alle kollageen aanvullings is dieselfde nie. Kollageen word nie normaalweg in die liggaam opgeneem nie.

8. WAT MAAK DIE PEPTAN KOLLAGEEN IN SONTAL SO UNIEK?

Die kollageen wat in SONTAL se bio-aktiewe kollageen produkte gebruik word, is gehidroliseer tot op ’n bepaalde graad met ’n optimale molekulêre gewig sodat dit deur die menslike liggaam verteer en opgeneem kan word.

Rousselot maak gebruik van ’n sagte ensimatiese proses om die kollageen te hidroliseer, die resultaat is ’n lae digtheid “kollageen peptiede” met ’n molekulêre gewig van 2000 Dalton.

9. OP WATTER OUDERDOM KAN EK KOLLAGEEN BEGIN GEBRUIK?

SONTAL Bio-aktiewe kollageen is ’n baie hoë kwaliteit gehidroliseerde proteïen kollageen wat veilig is en deur jonk en oud gebruik kan word.

SONTAL se gehidroliseerde bio-aktiewe kollageen bevat 97% proteïen op ’n droë basis en is dus baie suiwer en moet in ag geneem word as deel van jou die proteïen inname van jou dieet.

Kinders en jong groeiende mense het nie kollageen aanvulling nodig nie. Dus kan hulle hul nodige proteïen deur hulle gebalanseerde dieet inneem.

Ons stel dus voor dat jy nie kollageen aanvullings vroeër as 25 jaar gebruik nie.

10. OP WATTER OUDERDOM IS DIT TE LAAT OM KOLLAGEEN AS AANVULLING TE GEBRUIK?

Dit is nooit regtig te laat om kollageen as ’n aanvulling te begin gebruik nie.

Alhoewel kollageen aanvulling nie permanente skade in die liggaam kan herstel nie kan dit nog baie ander voordele inhou. Indien jy kollageen aanvulling op ’n gevorderde ouderdom begin gebruik kan dit verdere veroudering help vertraag en ook lewenskwaliteit bevorder, kollageen is ’n bron van gehalte proteïen en ook ’n bron van energie.

11. KAN MANS EN VROUE KOLLAGEEN GEBRUIK?

Mans kan ook kollageen gebruik. Kollageen hou dieselfde voordele in vir mans as vir vroue. Alhoewel vroue meer kollageen tydens menopause verloor as mans van dieselfde ouderdom is die aanvulling van kollageen net so belangrik.

12. WAT IS DIE VOORDELE VAN KOLLAGEEN AANVULLING?

Die verlies van kollageen is ’n natuurlike proses en is deel van die liggaam se verouderingsproses. Kollageen aanvulling help om die liggaam se kollageen vlakke weer op te bou en sodoende die verouderingsproses help vertraag.

  • Kollageen is ’n bron van proteïen;
  • Kollageen is ’n bron van energie;
  • Kollageen help met die gesondheid van die vel;
  • Kollageen bevorder vogtigheid van die vel;
  • Kollageen help met die elastisiteit van die vel;
  • Kollageen maak die vel soepel;
  • Kollageen ondersteun been gesondheid;
  • Kollageen help met kalsium behoud in die been;
  • Kollageen ondersteun beendigtheid;
  • Kollageen kan help met seer en stywe litte.

13. WAAR IN DIE LIGGAAM KAN EK DIE GROOTSTE VOORDEEL VAN KOLLAGEEN VERWAG?

Vel, been en litte.

14. HOE LANK MOET EK DIT GEBRUIK VOORDAT EK RESULTATE KRY?

Jou liggaam vind onmiddellik baat by die gebruik van gehidroliseerde kollageen.

Die amino sure waaruit kollageen bestaan word onmiddellik deur die liggaam opgeneem en gebruik waar die liggaam dit benodig.

Tasbare en waarneembare resultate sal moontlik oor ’n periode van 3 weke tot 3 maande waargeneem word. Nie alle mense kry gewenste resultate nie omdat die toestand wat hulle ervaar nie noodwendig kollageen gedrewe is nie. Al word resultate nie gevoel of gesien nie doen die kollageen steeds belangrike werk in die liggaam.

BELANGRIK: Daar moet in ag geneem word dat kollageen nie ’n medisyne is nie en dat die werking nie farmakologies van aard is nie. Die doel van kollageen aanvulling is om die verlies van kollageen aan te vul en sodoende genoegsame kollageen aan die liggaam beskikbaar te stel om die verlies teen te werk.

Kollageen Struktuur

15. KAN EK KOLLAGEEN SAAM MET MY MEDIKASIE GEBRUIK?

Kollageen is ’n proteïen en dus ’n makrovoedingstof. Jy kan kollageen saam met medikasie gebruik wat geen interaksie met proteïene het nie.

Kontak jou dokter vir advies indien daar twyfel of kommer is.

16. KAN EK KOLLAGEEN GEBRUIK AS EK AAN ’n SIEKTETOESTAND LY?

Kollageen is ’n proteïen en dus ’n makrovoedingstof. Daar is geen kontra-indikasie vir die gebruik van SONTAL Bio-aktiewe kollageen gerapporteer nie.

Indien jy aan enige siektetoestand ly wat sensitief is vir proteïene of vir enige van die aminosure wat in kollageen voorkom, moet die produk nie gebruik word nie.

17. ALLERGIEË

Indien jy allergies is vir enige proteïen of weerstandig is vir enige aminosuur wat in kollageen voorkom moet jy die produk nie gebruik nie.

Op aanvraag: Rousselot Peptan Allergy Decleration – kontak on hier.

18. IS DAAR ENIGE NEWE-EFFEKTE MET DIE GEBRUIK VAN SONTAL KOLLAGEEN?

Moontlike newe-effekte wat tydens die gebruik van kollageen waargeneem is maar gering was, is: fyn uitslag op die vel en jeukende vel.

Ons stel voordat jy die gebruik van gehidroliseerde kollageen staak indien jy enige van die simptome ervaar.

19. WAARVAN WORD SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN GEMAAK?

SONTAL Bio-Aktiewe Kollageen bevat ’n gehidroliseerde kollageen wat van die Franse maatskappy Rousselot afkomstig is. Die maatskappy is een van die grootste kollageen vervaardigers in die wêreld.

Peptan gehidroliseerde kollageen is ’n bovine produk wat van bees afkomstig is.

20. AAN WATTER KWALITEIT GRADERING?

Peptan ® word vervaardig met behulp van GMP (Good Manufacturing Practice), ISO 9001 en HACCP gesertifiseerde produksie fasiliteite. So ver as die veiligheid betref, Peptan kollageen peptied is sonder twyfel een van die wêreld se beste bestudeerde voedsel en is veilig bevestig deur die Wêreld Gesondheid Organisasie (WHO).

Peptan ® is Kosher en Halal gesertifiseer en algemeen as veilig beskou (GRAS) status in die VSA.

21. WAT IS AL DIE BESTANDDELE WAT SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN BEVAT?

SONTAL BioActive Collagen Nutritional Info

22. UIT WATTER AMINOSURE BESTAAN SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN?

SONTAL BioActive Collagen AminoAcid Profile

23. BEVAT SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN GLUTEN?

SONTAL Bio-Aktiewe kollageen bevat geen GLUTEN.

24. BEVAT SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN LACTOSE?

SONTAL Bio-Aktiewe kollageen bevat geen LACTOSE.

25. BEVAT SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN SOYA?

SONTAL Bio-Aktiewe kollageen bevat geen SOYA.

26. IS SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN VEILIG?

Kollageen is ’n proteïen en dus ’n makrovoedingstof wat veilig is vir menslike daaglikse gebruik.

27. HOE WORD DIE KWALITEIT VAN SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN BEHEER?

SONTAL gebruik Peptan ’n gehidroliseerde bio-aktiewe kollageen peptiede wat van bees afkomstig is. Peptan is ’n geregistreerde handelsmerk van die internasionale maatskappy Rousselot in Frankryk.

Rousselot kollageen is afkomstig van geselekteerde , hoë – gehalte grondstowwe wat deurlopend streng gekontroleer word rakende veiligheid en oorsprong.

Verskeie omvattende studies is in erkende wetenskaplike tydskrifte gepubliseer. Hierdie studies bewys en ondersteun die effektiwiteit van Peptan kollageen.

Peptan ® is tipe – I kollageen peptiede en het dieselfde aminosuur inhoud as dié wat in menslike bene en vel voorkom. Peptan ® ’n suiwer, natuurlike bio-aktiewe bestanddeel wat meer as 97 % proteïen bevat, dit bevat geen vet of koolhidrate.

Wetenskaplike toetse het bewys dat Peptan ® gehidroliseerde bio-aktiewe kollageen peptied verteer maklik en word tot 90% in die liggaam opgeneem.

Bevindings wat bewys word deur streng navorsing en ongeëwenaard gehalte maak Peptan ® ’n veilige en effektiewe produk. Verskeie studies is die afgelope dekade gepubliseer wat die produk se veiligheid en doeltreffendheid bevestig.

Wanneer dit kom by die gehalte, veiligheid en kliniese bewyse , is die wetenskaplike kwaliteit van Peptan ® sonder weerga.

Peptan ® word vervaardig met behulp van GMP (Good Manufacturing Practice), ISO 9001 en HACCP gesertifiseerde produksie fasiliteite . So ver as die veiligheid betref, Peptan kollageen peptied is sonder twyfel een van die wêreld se beste bestudeerde voedsel en is veilig bevestig deur die Wêreld Gesondheid Organisasie (WHO).

Peptan ® is Kosher en Halal gesertifiseer en algemeen as veilig beskou (GRAS) status in die VSA.

28. WATSE STUDIES IS DAAR OP DIE GEHIDROLISEERDE KOLLAGEEN WAT SONTAL BIO-AKTIEWE KOLLAGEEN PRODUK BEVAT?

Been gesondheid:

1. Benito-Ruiz P., Camacho-Zambrano M.M., Carrillo-Arcentales J.N., Mestanza-Peralta M.A., Vallejo-Flores C.A., Vargas-Lopez S.V., Villacis-Tamayo R.A. and Zurita-Gavilanes L.A. 2009. A randomized controlled trial on the efficacy and safety of a food ingredient, collagen hydrolysate, for improving joint comfort. International journal of food sciences and nutrition, 12:1-15.

2. Sofat N. Analysing the role of endogenous matrix molecules in the development of osteoarthritis. Int J Exp Pathol. 2009 Oct; 90(5): 463-79.

3. Schulze-Tanzil G. Activation and dedifferentiation of chondrocytes: implications in cartilage injury and repair. Ann Anat. 2009 Oct; 191(4): 325-38.

4. Kiani C, Chen L., Wu Y.J., Yee J. A., Yang B.B. Structure and function of aggrecan. Cell Research 2002; 12(1):19-32

5. Oesser S, Seifert J. Stimulation of type II collagen biosynthesis and secretion in bovine chondrocytes cultured with degraded collagen. Cell Tissue Res. 2003 Mar; 311(3): 393-9.

Vel gesondheid:

1. Carrino, DA., Sorrell, JM. and Caplan, AL. Age-related changes in the proteoglycans of human skin. Arch Biochem Biophys. 373(1), 91–101 (2000).

2. Willen, DM., Sorrel, JM., Lekan, CC., Davis, BR. And Caplan, AI. Patterns of Glycosaminoglycan/Proteoglycan Immunostaining in Human Skin During Aging. Journal of Investigative Dermatology 96, 968–974 (1991).

3. Shuster, S., Black, M. and McVitie, E. The influence of age and sex on skin thickness, skin collagen and density. British Journal of Dermatology 93(6), 639–643 (1975).

Produk aankope: Koop Sontal Kollageen