Buy Products Online Secure Payment Methods Next Day Shipping
TUNA BROCCOLI PASTA KASSEROL – Been-gesondheid – Kalsium Ryk

TUNA BROCCOLI PASTA KASSEROL – Been-gesondheid – Kalsium Ryk

Geniet hierdie lekker kasserol met gesonde tuna as proteïen en penne pasta as koolhidraat. Lekker vars broccoli as groente wat noodsaaklike vitamiene en minerale bevat. Hierdie ete is veral ryk in kalsium met vitamien D. Been gesondheid is baie belangrik maar word voorgehou as ’n probleem vir mense 60 jaar en ouer wanneer lae beendigtheid gediagnoseer word en baie mense reeds osteopenia beleef. Osteopenia is die toestand van lae beendigtheid met ’n t-telling van laer as -1 tot -2.5. Dit is dus belangrik dat mense, veral vroue, reeds van ’n jonger ouderdom af bedag is op hierdie “stil siekte”. Eet voedsel wat hoog is in kalsium, vitamien D, vitamien K en magnesium. Hierdie tiepe voedsel bevat gewoonlik ook ander belangrike vitamiene en minerale.
Read more
Search